Local newsNews

VLU-dames se belangstelling in bonsai-bome geprikkel

Lede van die VLU se MIddelvlei-tak het onlangs Bonsai Magic in Loumarina gaan besoek om meer te leer oor bonsais.

Die dames van die Vroue Landbou-Unie (VLU) se Middelvlei-tak het op Woensdag, 13 Oktober ‘n draai by Bonsai Magic in Loumarina gaan maak om meer te leer oor hierdie wonderlike klein bome.

Een van die vele bonsais wat daar by Bonsai Magic is. Foto ingestuur.

Ria Herbst, voorsitter van die VLU se Middelvlei-tak het vertel dat Cathy Steyn, eienaar van Bonsai Magic die dames toe geleer het hoe om ‘n boom te knip en hoe om hom water te gee.

“Ons het besluit om hulle te besoek omdat ons nog nooit gehoor het van die plek nie en omdat dit ons geïnteresseer het,” het Ria vertel.

Al die dames het die oggend baie geniet en dit was vir hul wonderlik om meer oor hierdie klein bome te leer.

Related Articles

 
Back to top button