Ontmoet die VF+ kandidate: Charles Brough

Met die verkiesing om die draai wil die Herald graag die potensiële raadslede aan die gemeenskap bekend stel.

Charles Brough is 58-jaar oud en ‘n Vryheidsfront Plus-kandidaat vir Wyk 4 wat ‘n gedeelte van Randpoort en Randgate insluit.

1. Wat het jy in jou wyk gedoen tydens jou termyn as raadslid?

Die West Rand Plaaslike Munisipaliteit is een van die mees wanbestuurde munisipaliteite in Gauteng en daarom is die VF Plus daagliks besig om diensleweringsprobleme aan te spreek en ‘n verskil te maak. Die VF Plus was betrokke by die opgradering van die R55 terwyl die R28 vanaf Westonaria tot by die N1 onder konstruksie was. Die party het die Gautengse regering versoek om buffers langs die skerp draaie op te rig en straatligte te herstel. Met dié veiligheidsmaatreëls in plek is die ongeluksyfer met 90% verlaag. Ek was ook betrokke by die opvul van reuse sinkgate in Westonaria, grondbesettingsprobleme en meer.

2. Indien jy verkies word op watter aangeleenthede sal jy fokus in jou wyk en hoekom?

Dienslewering is van uiterste belang in ‘n gemeenskap wat gereeld gekonfronteer word met diensleweringsprobleme soos rioolstortings, stukkende waterpype, gereelde water- en kragonderbrekings, sinkgate en meer. Ek sal my werk met ywer voortsit om die munisipaliteit te dwing om belastinggeld oordeelkundig aan te wend en die burgemeester verantwoordbaar te hou vir wanbesteding en korrupsie.

3. Hoekom moet die gemeenskap vir jou stem?

Die welstand van inwoners in die omgewing waar ek woon is van kardinale belang. Belastingbetalers moet die dienste ontvang waarvoor hulle ten duurste betaal. Ek beywer my ook om die gemeenskap te motiveer om hul demokratiese regte uit te oefen en deel te neem aan openbare deelname-prosesse om so munisipale besluitneming wat hulle raak te beïnvloed. Ons kan nie langer op die kantlyn staan en kyk hoe dienslewering en infrastruktuur in Randfontein en Westonaria verder verval nie.

4. Behalwe vir jou verpligtinge as raadslid op welke ander maniere is jy betrokke in jou gemeenskap?

Ek is betrokke by die opheffing en versorging van die inwoners van Venterspos. Die gemeenskap waarvan ‘n groot hoeveelheid inwoners werkloos is, moes vir meer as ‘n maand sonder elektrisiteit klaarkom nadat Eskom se kragpale beskadig is.

DISCLAIMER: Caxton Local Media is always objective. When we report on the views of politicians or political parties, the reasonable reader should be able to gather that the views are those of the interviewees, and not of the publication interviewing them. If an editor believes that there may be room for doubt in this regard, a disclaimer will be added to the reporting, stating: “The views expressed in this report were expressed by the relevant interviewee(s) and the party or parties they represent, and are not held by this publication.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version