NewsSchools

Riebeeckrand spog met nuutverkose dagbestuur

Hoërskool Riebeeckrand se seniorraad en dagbestuur vir 2021/ 2022 is tydens 'n spoggeleentheid aangekondig.

Hoërskool Riebeeckrand is trots om hul nuutverkose dagbestuur vir 2022 aan die gemeenskap voor te stel.

Die skool het op Woensdag, 15 September tydens ‘n spoggeleentheid hul seniorraad vir 2021/ 2022 ingehuldig en ook die dagbestuur aangekondig.

Die dagbestuurslede vir 2021/ 2022 is soos volg

• Hoofseun – Katlego Ramela
• Hoofdogter – Kaela Smuts
• Onderhoofseun – Henrico Scheepers
• Onderhoofdogter – Carla Henning

Die volgende leerders maak deel uit van die dagbestuur:

• Boipelo Mohamme
• Blessings Mudarikwa
• Carli Rall
• Anakin Slabbert

“Ons hoofseun en hoofdogter is baie trots om deel van ons spogskool, Riebeeckrand te wees,” het skoolwoordvoerder Elzeri Wright gesê.

Sy het bygevoeg dat Katlego en Kaela nie kan wag om hande te vat met die res van die dagbestuur en seniorraad nie, en dat hulle die Riebeeckrand-familie se bande wil versterk en die leerders, ouers asook ondersteuners ‘n onbreekbare eenheid wil maak.

“Herinneringe is ‘n groot fokuspunt vir die seniorraad aangesien dit nooit vergaan nie en mens dit altyd kan koester. Die seniorraad is opgewonde oor die toekoms en sien daarna uit om die nuwe Graad 8-leerders in 2022 te verwelkom.”

Sy het vertel dat daar groot hoogtes voorlê vir hierdie besondere groep leiers.

Related Articles

Back to top button