Riebeeck hou suksesvolle gholfdag!

Talle spelers en borge het onlangs in Carletonville bymekaargekom vir Hoërskool Riebeeckrand se jaarlikse gholfdag.

Die weer was perfek en die atmosfeer gemoedelik tydens Hoërskool Riebeeckrand se jaarlikse gholfdag wat onlangs aan die Verre Wes-Rand gehou is.

Talle spelers het op Vrydag, 24 September die skool se gholfdag by die Goldfields-Wes Gholfbaan in Carletonville ondersteun.

Organiseerder van die gholfdag, Janco Tiedt, het gesê dat die baan vol was en dat die ouens dit ongelooflik baie geniet het.

Hulle het ook baie goeie terugvoering oor die dag gekry, met baie van die spelers wat gesê het dat hulle volgende jaar weer die dag sal ondersteun.

“Dit was ‘n goeie fondsinsameling vir die skool. Dit was ook ‘n lekker geleentheid om weer ‘n paar voormalige Riebeeckranders asook onderwysers te sien.”

Riebeeckrand is baie dankbaar teenoor al die spelers en borge wat die dag moontlik en suksesvol gemaak het.

Hulle bedank die volgende borge:

Dynamic promotions, AJ Boerdery, Boesmanskraal Safaris, MTD Civils and Network Planning, Boost Promotions SA, UD Trucks, Corrie’s Estates, Thompsons Security Group, Ben Morgenrood Group Randfontein (hoofborg), Mapogo A Mathamaga Security, Carinè Motors, Jonrik Mining and Engineering (hoofborg), Intro Beach, Noble Properties real estate, Jawitz Properties en NWK.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version