NewsSchools

Rappies gee om vir dorp se viervoet-kinders

Rappies het die RandWes Dierebeskermingsvereniging (DBV) met 'n sleepwa vol honde- en katkos verras.

Laerskool Rapportryer het onlangs die RandWes Dierebeskermingsvereniging (DBV) verras met ‘n groot donasie.

Op Dinsdag, 28 September het die skool ‘n sleepwa vol honde- en katkos aan die DBV oorhandig.

Die massiewe honde- en katkos skenking wat Rappies gemaak het. Foto: Michelle Roodt.

Organiseerder van die projek, Sonja Brits het gesê dat hulle ‘n groot gemeenskapsprojek geloods het weens die dringende behoefte aan kos by die plaaslike DBV.

Skoolhoof Andrè Kruger het vertel dat die projek die skool, ouers en leerders baie na aan die hart lê.

Jored Ndlovu en skoolhoof Andrè Kruger. Foto: Michelle Roodt.

“Ons besef dat veral nou, in die Covid-19-tyd, die finasiële druk op gesinne so toegeneem het dat vele gesinne nie meer vir hul geliefde dierekinders kan sorg nie, en het geen ander keuse nie as om by die DBV vir hulp aan te klop,” het hy verduidelik.

Hulle as ‘n skool wou graag met die DBV hande vat om hul taak te vergemaklik.

Wian du Plessis en Arlindo Korb. Foto: Michelle Roodt.

“Ek wil elke ouer van Rapportryer opreg bedank vir hul bydrae tot die projek. As dit nie vir julle as ouers was nie, was hierdie projek nie so ‘n groot sukses nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button