Local newsNews

Multi Charity beplan om gesinne in nood gedurende Kerstyd te help

Multi Charity Randfontein wil gevulde bokse skenk aan mense wat dit die meeste nodig het, en jy kan help.

Monica en Craig Lancellas van Multi Charity Randfontein is weer besig met hul jaarlikse Kersprojek om mense in nood te help.

Monica het verduidelik dat hulle deur hul projek ‘Kersfees-liefde in ‘n boks’ beoog om 40 gesinne te seën met kospakkies wat verskeie items bevat.

“Jy kan kies hoeveel gesinne jy wil borg. Wat jy in die boks sit, is jou eie keuse. Dan bind jy ‘n lint om die boks om te sê die boks is gepak vol Jesus-liefde. Maak hom oop en ontvang die seëninge,” het sy gesê.

Sy het bygevoeg dat sy meer inligting oor die persoon of gesin vir wie die boks bedoel is, nader aan die tyd sal gee.

“Dit was verlede jaar so geseënd, toe sê ek hierdie jaar gaan ek dit weer doen, want dan weet ons die mense het iets vir Kersfees en net na Nuwejaar en dat hulle nie hongerly nie, want hulle kry eers later SASSA,” het sy gesê.

Volgens Monica is almal meer as welkom om die gevulde bokse te bring. Kontant en produkte kan ook solank gebring word. Dit sal in ‘n kas gebêre word tot nader aan die tyd.

Dié in die gemeenskap wat wil help kan vir Monica kontak by 072 813 0192 of die kospakkies aflaai by die Multi Charity-winkel by Uniestraat 42, Randgate.

Related Articles

Back to top button