NewsSchools

Rosemarie Kahn-kleuters hou opwindende wetenskapdag

Rosemarie Kahn Kleuterskool se kleuters het op 'n praktiese wyse geleer oor wetenskap.

Die kleuters van Rosemarie Kahn Kleuterskool het onlangs wit jasse aangetrek en Einstein-brille opgesit vir hul Wetenskapdag.

Die skool het die praktiese wetenskaplesing op Vrydag, 17 September vir hul kleuters gehou.

Dine Roos. Foto: Ingestuur.

“Albert Einstein het glo die volgende gesê: Everybody is a genius, but if you judge a fish by its ability to climb a tree, it will live its whole life believing that it is stupid,” het kleuterskoolhoof Annézel Meiring vertel.

“Ons het vir die kleuters eksperimente uitgevoer en ook vir hulle die teorie agter die eksperiment verduidelik.”

Elnic Barkhuizen met haar ingekleurde prente. Foto: Ingestuur.

Sy het vertel dat almal soos professore aangetrek was en dat al die kleuters op ‘n praktiese wyse meer geleer het van wetenskap.

Ruhardt Kruger. Foto: Ingestuur.
Belinda Botha en Estie Wepener wys vir die kinders die eksperiment. Foto: Ingestuur.
Anrich Meiring en Karlo Lottering lyk te oulik in hul jassies. Foto: Ingestuur.
Juffrou Elsie Wright besig met ‘n eksperiment. Foto: Ingestuur.

Related Articles

Back to top button