NewsSchools

KYK: Matriekafskeidtyd vir Riebeeckrand!

Riebeeckrand se matriekafskeid gaan vanjaar op 13 Desember by Usambara plaasvind.

HoĆ«rskool Riebeeckrand se matrikulante het onlangs hul matriekafskeiduitnodigings op ‘n feestelike manier ontvang.

Nadat hulle hul eksamenvraestel voltooi het, het hulle die skoolsaal verlaat en daar het ‘n karnaval met stalletjies met heerlike eetgoed en ‘n gesellige atmosfeer op hulle gewag.

Die matrieks het elkeen ‘n draairoomys, spookasem en springmielies gekry om aan te smul toe hulle hul formele uitnodiging ontvang het. Daar het groot opwinding geheers en daar was glimlagte net waar jy kyk.

Kyk hier:

Riebeeckrand se matriekafskeid gaan vanjaar op 13 Desember by Usambara plaasvind.

Volgens skoolwoordvoerder Elzeri Wright is dit altyd ‘n spoggeleentheid wat die matrikulante terdeĆ« geniet.

Related Articles

Back to top button