Sterk toename in diefstal regoor Randwes, waarsku EPR

EPR Sekuriteit se jongste misdaadverslag toon dat daar 32 insidente gerapporteer is van 30 Augustus tot 5 September.

EPR Sekuriteit waarsku dat daar ‘n sterk toename in diefstalgevalle die afgelope week by wonings en besigheidspersele gerapporteer is.

Volgens EPR se algemene bestuurder toon hul jongste misdaadverslag 32 insidente aan vir die tydperk van 30 Augustus tot 5 September.

Diefstal was bo aan die lys met 13 insidente gevolg deur huisbrake (vyf), saakbeskadiging (drie), betreding (drie), poging tot huisbraak (twee), intimidasie (een), brand (een), gesinsgeweld (een), besit van gesteelde goedere (een), oop deur (een), en verdagte op perseel (een).

Die meeste van die insidente (16) het by wonings plaasgevind gevolg deur 14 by besighede, by ‘n skool en ‘n kerk.

“Inwoners word daaraan herinner om seker te maak dat los items wat gewoonlik buite rondlê eerder toegesluit moet word,” het Krogh gesê.

EPR SEKURITEIT SE VOLLEDIGE VERSLAG:

EPR se misdaadverslag vir Randwes. Inligting verskaf.
Exit mobile version