Rappies deel duisende sjokolades uit aan vroue in die voorste linie tydens pandemie

'Dit is 'n klein dankie in 'n baie moeilike tyd' – hoof.

Laerskool Rapportryer het onlangs duisende sjokolades vir vroue uitgedeel wat in die voorste linies tydens die pandemie werk.

Skoolwoordvoerder Esmè Botha het verduidelik dat hulle met die hulp van leerders en ouers die meer as 2 000 sjokolades van alle geure ingesamel het wat op Vrydag, 6 Augustus aan vroue op 25 plekke uitgedeel is.

“Dit is ‘n klein gebaar van Rappies om op Vrouedag dankie te sê vir die dames se harde werk,” het Esmè vertel.

Rappies se hoof, Andrè Kruger en organiseerder Sonja Brits het elke ouer van Rappies bedank vir hulle bydrae.

“Dit is ‘n klein dankie in ‘n baie moeilike tyd,” het Esmè gesê.

Exit mobile version