Riebeeckrand vier 25 trotse jare!

Skoolwoordvoerder Elzeri Wright het vertel dat die skool vanjaar sy 25e bestaansjaar vier.

Hoërskool Riebeeckrand is duidelik ‘n dinamiese hoërskool met ‘n trotse en ryke geskiedenis.

Skoolwoordvoerder Elzeri Wright het vertel dat die skool vanjaar sy 25e bestaansjaar vier.

“Riebeeckrand is ryk aan geskiedenis, tradisies en waardes, en streef vandag nog hul visie en missie na. Na meer as twee dekades is ons steeds ‘n baken van hoop in ons gemeenskap.

“Die Riebeeckrand-familie is daarop gerig om sy leerders te ontwikkel en te vorm tot die beste weergawe van hulself, sodat hulle met hoop die toekoms kan begin. Riebeeckrand bied 15 sportsoorte en 11 kultuuraktiwiteite waaraan leerders kan deelneem, asook vakkeuses wat vir leerders ‘n breë spektrum van studie- en beroepskeuses bied. Die leerders lewer jaarliks uitmuntende sport-, kultuur- en akademiese prestasies.

“Die personeel gee om vir die leerders, en leerders ontvang topgehalte onderrig. Akademiese struikelblokke word oorkom deur verskeie gratis ekstra klasse wat weekliks aangebied word.

“Riebeeckrand streef daarna om hul skoolomgewing vir hul leerders ‘n tweede tuiste te maak, waar hulle hard kan werk en ook pret kan hê.

“Die Riebeeckrand-familie ploeg graag terug in die gemeenskap en is trots om deel van Randfontein te wees.

“Maak Hoërskool Riebeeckrand deel van jou kind se hoërskoolloopbaan. Dit is hier waar elke leerder gevorm word, waar herinneringe gebou word en ‘n blink toekoms verseker word.”

Exit mobile version