Nagenoeg 20 insidente die afgelope week: Saakbeskadiging bo aan lys – EPR

'Die meeste van die skade is aangerig deur pogings om 'n perseel te betree' – EPR Sekuriteit.

Saakbeskadiging is bo aan die lys van 19 insidente wat die afgelope week in Rand-Wes by EPR Sekuriteit aangemeld is.

Dit is volgens die sekuriteitsmaatskappy se jongste misdaadverslag vir hul kliëntebasis in Rand-Wes vir die tydperk van 2 tot 8 Augustus.

“Daar was die afgelope week ‘n verskeidenheid van insidente in die area, waarvan saakbeskadiging bo aan die lys was. Die meeste van die skade is aangerig deur pogings om ‘n perseel te betree.

Ons maan inwoners om bedag te wees en te verseker dat hul alarms aan is wanneer hulle nie tuis is nie,” het algemene bestuurder van EPR Sekuriteit aan die Wes-Rand, Johan Krogh gesê.

EPR SEKURITEIT SE VOLLEDIGE VERSLAG:

EPR se jongste volledige misdaadverslag. Foto ingestuur.
Exit mobile version