‘Ons glo in die krag van hoop’ – Riebeeckrand

Hulle bome op die terrein is in geel getooi wat hoop simboliseer.

Wanneer jy by Hoërskool Riebeeckrand se hekke instap sal jy bome sien wat in geel getooi is.

Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoerder, simboliseer die geel kleur om die bome hoop.

“Ons lewe in uitdagende omstandighede; geliefdes word siek en geliefdes sterf, swaarkry word ‘n groter realiteit, maar maak nie saak hoe uitdagend die lewe raak nie, hoop bly altyd staan,” het sy vertel, en bygevoeg dat hulle by Riebeeckrand in die krag van hoop glo.

“Hoop op ‘n goeie toekoms, op die herstel van ons land, dat ons personeel, leerders en gemeenskap moed sal hê om vorentoe te stap, dat ons sal aanhou droom oor die goeie in die lewe, dat geloof ons elke dag sal dra.”

Riebeeckrand leef met hoop en daag die Randfontein-gemeenskap uit om saam met hulle met hoop te leef.

Exit mobile version