Local newsNews

Life Robinson-personeel geseën met sang en gebed

Ben Morgenrood wou op 'n klein manier uit hulle harte vir alle personeel en pasiënte laat weet dat hulle aan hulle dink en vir hulle bid.

Personeel en pasiënte van Life Robinson Privaat Hospitaal is onlangs genooi na ‘n sang- en gebedoggend wat net vir hulle bedoel was.

Hospitaalpersoneel het op Vrydag, 30 Julie buite Ongevalle se hek bymekaargekom vir ‘n vertoning wat deur Ben Morgenrood geborg is.

Heleen Brink en Anna-Marie Fourie. Foto: Michelle Roodt.

Organiseerder van die oggend, Hannetjie Stadler het vertel dat hulle die klein vertoning geborg het om op ‘n klein manier uit hulle harte vir alle personeel en pasiënte te laat weet dat hulle aan hulle dink en vir hulle bid.

Hannetjie Stadler, Heleen Brink, Anna-Marie Fourie en Melanie van Staden. Foto: Michelle Roodt.

Sy het verduidelik dat hulle wou dankie sê vir die personeel wat so mooi na die paiënte omsien, en vir hul opofferings.

“Ek het in my hart gevoel dat die personeel en pasiënte aangeraak is deur Andries de Jager se treffende boodskap. Almal wat daar was het vir ‘n rukkie van hul sorge, pyn en probleme vergeet.”

Tanya V het ook vir die personeel gesing.

Tinus Nel. Foto: Michelle Roodt.

“Ons wou ook vir God loof en dankie sê vir wat Hy vir ons as mense beteken, en die wonderwerke wat elke dag gebeur. Al die lof kom Hom as die Vader toe; mag God hulle seën in die Covid-tyd,” het Hannetjie gesê.

Related Articles

 
Back to top button