Local newsNews

Inwoners maak ‘n verskil by Cast Aways op Mandela Dag

Inwoners van Randfontein het vir Cast Aways Animal Sanctuary gaan kuier op Mandela Dag.

Inwoners van Randfontein het saam ‘n verskil gemaak op Mandela Dag.

Die groep inwoners het vir Cast Aways Animal Sanctuary op Sondag, 18 Julie met geskenke gaan verras.

Barend Kotze met die hondekoekies wat vir die honde geskenk is. Foto: Ingestuur.

Barend Kotze, ‘n inwoner van Eilandsvlei het vertel dat die organisasie ongeveer 84 honde en 174 katte in hul sorg het, en hulle het hondekos, katkos en skoonmaakmiddels asook frisbees geskenk.

“Louisa Rossouw het ons met ope arms verwelkom en die oggend saam met ons tussen die honde en katte deurgebring. Ek het gedink sy is ‘n katfluisteraar want toe ons by die katafdeling inloop, was sy omring deur katte,” het Barend vertel.

Jasper Nienaber en Barend Kotze met donasies wat hulle gebring het. Foto: Ingestuur.

Hy het vertel dat die diere goed gesorg word terwyl hulle wag om aangeneem te word. Ina Robertson het hondekoekies gebak waarmee die diere vir Mandela Dag getrakteer is.

Charlotte van Wyk (Mev Randfontein 2020/ 21) en haar dogter Judy van Wyk (2de Prinses Mej Randfontein 2020/ 21) het ook die oggend saam met hulle spandeer.

Een van die honde met eet ‘n spesiale koekie. Foto: Ingestuur.

“Nou kan ons ‘n bydrae lewer en ‘n verskil in ons gemeenskap maak. Eke dag moet Mandela Dag wees want saam kan ons ‘n verskil maak en Randfontein laat skitter,” het Barend vertel.

Barend bedank ook graag vir pastoor Baba Dippenaar van 153 Bediening, en Menûchâh Koffiewinkel in Elandsvlei, wat hulle ondersteun en altyd gewillig is om ‘n bydrae te lewer.

Related Articles

Back to top button