Walglike stank in Greenhills: ‘Hoe moet ons so lewe?’

'n Rioolprobleem affekteer 'n inwoner in Greenhills al amper 'n week – hulle kan nie eers die toilet spoel nie.

Hoe leef jy as daar riool voor jou agterdeur verbyloop?

Wanneer jy in Maria Naudé se agtererf instap tref ‘n erge stank jou. Dit is glo al amper ‘n week so.

Maria-hulle moes ‘n plank by hulle trappe voor die agterdeur sit net sodat hulle daar kan probeer loop.

“Dit het Saterdag behoorlik begin uitborrel,” het sy vertel.

Sy het verduidelik dat die drein in die straat verstop is, en die riool stoot dan terug in hul erf. Dit gebeur glo al vir die afgelope drie tot vier jaar gereeld.

Volgens Maria kan hulle nie hul agterdeur gebruik nie, hulle kan nie wasgoed of skottelgoed was nie en hulle kan ook nie hul toilette spoel nie.

Die mangat buite die erf wat verstop is. Foto: Michelle Roodt.

“Ons wasgoed hoop op omdat ons dit nie kan was nie, en ‘n mens kan ‘n toilet ook net so lank los voor jy dit moet spoel.”

Sy het verduidelik dat dit ‘n groot gesondheidsrisiko is en dat hul bure ook al begin kla het ook die rioolwalm.

Die riool stoot in hul drein op omdat die munisipale drein verstop is. Foto: Michelle Roodt.

Maria-hulle vra dat die munisipale drein oopgemaak word en oop bly sodat hulle nie met hierdie probleme sit nie. Die mangat het ook nie ‘n deksel op nie, en hulle is bang dat iemand daar gaan inval.

Exit mobile version