Beloning van R2 000 vir vermiste Jack Russell

Nog ‘n hond is vermis in Randfontein. Gesin van Hillside het 'n beloning van R2 000 uitgeloof vir enigiemand wat hul hondjie aan hulle terugbesorg.

Die gemeenskap word weereens gevra om op die uitkyk te wees vir nog ‘n vermiste hond, dié keer ‘n Jack Russell met die naam Seuntjie.

Seuntjie is twee en ‘n half jaar oud. Hy is vermis sedert omstreeks 07:00 op Saterdag, 26 Junie in Hillside toe sy eienaar, Susanna Becker, hom uitgelaat het om buite toe te gaan en sy draaie te loop.

Seuntjie is sedert 26 Junie vermis. Foto ingestuur.

Susanna het vertel dat Seuntjie se voorste regterpoot ‘n bietjie regs uitstaan en hy het ‘n lang krul stert asook ‘n wit pyl op sy linkerboud.

Susanna het ‘n R2 000-beloning vir enigiemand wat Seuntjie vind en huis toe bring.

“Ek is so lief vir die hond. Hy het saam gaan visvang, vier-wiel motorfiets gery en alles menslik saam met ons gedoen,” het Susanna hartseer gesê.

Enigiemand wat vir Seuntjie gesien het of weet waar hy tans is, kan vir Susanna skakel by 071 401 6760, Juandré by 063 680 9191 of Wana op 076 376 8070.

Exit mobile version