Familie in die sewende hemel na Tiny gevind is

Nadat sy amper drie weke vermis was, is Tiny gevind en is weer veilig terug by die huis.

Ondanks die onrus en onsekerheid daar buite is daar altyd goeie nuus.

Tiny, die driejarige Teacup Yorkie wat op Saterdag, 19 Junie uit haar erf in Greenhills verdwyn het, is gevind nadat sy amper drie weke weg was.

Lees ook: Beloning van R5 000 vir vermiste hond

Rudi Vermeulen, haar eienaar het bevestig dat Tiny op Donderdag, 8 Julie by ‘n plakkerskamp aan die Tarlton-pad opgespoor is.

Sy was baie vuil, vol kakiebos en het soos ‘n beeskraal geruik. Sy was ook baie moeg, dors en getraumatiseer.”

Hy het vertel dat dit ‘n wonderwerk is dat sy gevind is en dat hy baie verlig is en groot waardering het noudat sy terug is by haar huis en alles nou weer terug is na normaal.

Tiny, die Teacup Yorkie wat vir amper drie weke vermis was, is gevind. Foto ingestuur.
Exit mobile version