‘Covid het ons geliefde juffrou van ons weggevat’

Annelie Hefer, 'n onderwyser van Laerskool Rapportryer is op Saterdag, 26 Junie oorlede weens Covid-19.

Laerskool Rapportryer moes van Annelie Hefer, ‘n onderwyser by die skool afskeid neem nadat sy op Saterdag, 26 Junie haar stryd teen Covid-19 verloor het.

Esmè Botha, skoolwoordvoerder het vertel dat Annelie baie kinderlewens aangeraak het en deel was van baie mense se lewens.

Sy was ‘n merkwaardige onderwyser en laat ‘n groot leemte in die skool en in die gemeenskap.

Covid het ons geliefde juffrou van ons af weggevat, en ek dink as sy een boodskap kon nalaat sou haar woorde wees, ‘Skat, wees veilig, pas jouself op’,” het Esmè gesê.

Laerskool Rapportryer se gebede vergesel haar man Leon, hul seun Leonardo, haar moeder en al haar familie, vriende en kollegas.

Lees ‘n vollediger artikel in volgende week se Herald.

Exit mobile version