Local newsNews

Beloning van R5 000 vir vermiste hond

'n Gesin van Greenhills het 'n beloning van R5 000 uitgeloof vir enigiemand wat hul hondjie aan hulle terugbesorg.

Die gemeenskap word gevra om op die uitkyk te wees vir ‘n vermiste Teacup Yorkie met die naam Tiny.

Volgens Rudi Vermeulen is sy dogter se hond sedert Saterdag, 19 Junie vermis. Hulle woon in Greenhillslaan.

Tiny is agt jaar oud, het ‘n mikroskyfie en is reggemaak, maar sy het ongelukkig nie ‘n bandjie om haar nek nie.

My vrou is op 11 Januarie oorlede en Tiny was ‘n geskenk wat sy vir my dogter op haar verjaarsdag gegee het. My dogter is baie ontsteld omdat Tiny weg is.”

Hy het vertel dat Tiny baie sensitief is. Sy sal by ander mense bang wees en nie eet nie, en dalk doodgaan.

Volgens Rudi het Tiny ‘n ‘cowboy cut’ – haar hare is teen haar lyfie geskeer.

Tiny se Yorkie-sussie, Sushi treur ook oor Tiny wat weg is.

Rudi het ‘n R5 000-beloning vir enigiemand wat Tiny vind en huis toe bring.

Enigiemand wat vir Tiny gesien het of weet waar sy tans is, kan vir Rudi skakel by 082 562 8199.

Related Articles

Back to top button