Local newsNews

VLU leer interessante en unieke maniere om geskenke te versier

'Ons het onder andere spesifiek geleer hoe om wynbottels met 'n ruiker en lekkergoed te versier.'

Lede van die Vrouelandbou-unie (VLU) se Ridderspore-aandtak het op ‘n ysige Donderdagaand, 3 Junie weer vir hul maandelikse vergadering bymekaargekom.

Sharon Bodington was die gas vir die aand en sy het lede ‘n interessante en unieke manier geleer hoe om geskenke toe te draai.

Hulle het ook geleer hoe om blomme uit goiing te maak. Foto ingestuur.

“Ons het onder andere spesifiek geleer hoe om wynbottels met lint en lekkergoed te versier,” het Gerda Benadie, voorsitter van die Ridderspore-aandtak gesê.

Hulle is ook gewys hoe om geskenkbokse te vou, blomme uit goiing (hessian) te maak, en denims in geskenksakkies te omskep.

Die lede het geleer hoe om geskenkbokse te vou. Foto ingestuur.

“Dit was ‘n gesellige aand,” het Gerda gesê, en bygevoeg dat hulle die koue aand op die regte manier afgesluit het – met sop en brood.

Hulle het geleer hoe om ‘n wynbottel met lint en lekkergoed te versier. Foto ingestuur.

Enigiemand wat belangstel om by die VLU Ridderspore-aandtak aan te sluit, kan gerus vir Gerda Benadie kontak by 083 995 6571.

Related Articles

Back to top button