NewsSchools

Riebeeckrand trots op hul mediasentrum

Hoërskool Riebeeckrand is trots om te kan sê dat hulle nog 'n aktiewe mediasentrum het.

Hoërskool Riebeeckrand is baie trots om te kan sê dat hulle nog ‘n aktiewe mediasentrum het.

Elzeri Wright, skoolwoordvoerder het vertel dat hulle leerders dit baie geniet om in hul vrye tyd te lees, en neem graag boeke uit.

“Ons mediasentrum bied ook verskeie ander dienste aan ons leerders, soos om inligting vir take te soek en dokumente te druk.”

Sandra Rall, die mediasentrumbestuurder het vertel dat lees baie belangrik is omdat dit jou woordeskat uitbrei, jou algemene kennis verbreed en die proses van leer vergemaklik.

Ter viering van Biblioteekdag op Donderdag, 13 Mei het Sandra ‘n personeellid van Ennerdale Secondary School opleiding gegee oor hoe ‘n mediasentrum werk en hoe om dit te bestuur.

“Ennerdale is opgewonde om hul eie mediasentrum oop te maak,” het Elzeri vertel.

Om Biblioteekdag nog beter te maak het ‘n bekende skrywer, Marion Erskine, die skool bederf met ‘n groot skenking wat splinternuwe Engelse jeugfiksie, Afrikaanse fiksie, woordeboeke en studiegidse insluit.

“Dit is wonderlik om ‘n aktiewe leeskultuur by die skool te hê,” het Elzeri gespog.

Related Articles

Back to top button