Local newsNews

Pretdag vir RandWes DBV

'n Markdag is in Krugersdorp gehou om geld in te samel vir die RandWest Dierebeskermingsvereniging (DBV).

Die span van Fork & Pie het onlangs ‘n pretdag gereël om kos en ander benodighede vir die RandWest Dierebeskermingsvereniging (DBV) in te samel.

Lourette Kruger, die bestuurder van Fork & Pie het verduidelik dat die DBV hulle baie na aan die hart lê en dat dit die rede was waarom sy die pretdag gehou het.

Daar is onder andere kos, komberse en geld vir dié organisasie ingesamel. Gemeenskapslede kon op Saterdag, 8 Mei, ‘n draai agter die Rand-en Dal Spar maak waar daar stalletjies, ‘n springkasteel en musiek was om te geniet.

DJ Vastrap het sy dienste gratis vir die dag aangebied en seker gemaak dat daar lekker musiek was.

Henry’s Eiendomme van Randfontein het ook ‘n donasie gemaak en Jaco de Clercq het gesê, “Ek gee eerder iets vir die diere want hulle byt jou nie soos mense nie”.

Hy het self al diere by die organisasie aangeneem en het ‘n sagte plekkie vir hulle.

Related Articles

 
Back to top button