Local newsNews

Voormalige burgemeestersvrou sterf

Rina Griffiths was 'n merkwaardige vrou wat bekendheid verwerf het as destydse Randfonteinse burgemeestervrou, 'n toegewyde ma en iemand met 'n hart vir haar medemens.

Rina Griffiths, 92, vrou van ‘n voormalige Randfontein-burgemeester, John Griffiths is op 27 April in Pretoria weens hartversaking oorlede. John was by haar sterfbed.

John was in die laat 1960’s and 1970’s burgemeester van Randfontein, en volgens Miles Griffiths, hul seun wat in Greenhills woon, was sy ma altyd aan sy pa se sy as burgemeestersvrou wanneer hy funksies moes bywoon of ander take moes uitvoer.

Miles Griffiths by ‘n foto van sy ouers. Foto: Michelle Roodt.

Hy het vertel dat Rina fondsinsamelings by die kerk gehou het vir onder meer die Vroue Landbou-unie en die Sustersvereniging, en sy was baie betrokke by die Suiderkruis Fonds en die Maria Malan Klub.

“Sy laat ‘n groot leemte in die gemeenskap en sal gemis word.”

Rina en John Griffiths. Foto ingestuur.

Lees ‘n vollediger artikel in volgende week se Herald.

Related Articles

Back to top button