Riebeeckranders presteer in kykNET-toneelspelkompetisie

Vier van Hoërskool Riebeeckrand se leerders het onlangs deurgedring na die finaal van die kykNET-toneelspelkompetisie.

Hoërskool Riebeeckrand is trots om aan te kondig dat vier van hul leerders vanjaar deurgedring het na die finaal van die kykNET-toneelspelkompetisie.

Van 6 tot 12 Mei 2021 gaan 81 talentvolle finaliste van regoor die land in Kaapstad teen mekaar kompeteer.

Rick van den Berg. Foto: Elzeri Wright.

Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoerder is vanjaar die vyfde jaar dat Riebeeckrand-leerders deurdring na die finaal van hierdie nasionale toneelspelkompetisie. Hulle is Dallyn Windvogel, Devonique Breedt, Junior Khumalo en Rick van den Berg.

Devonique Breedt. Foto: Elzeri Wright.

“Ons beskou dit as ‘n groot prestasie aangesien honderde leerders van regoor die land vir dié kompetisie inskryf.”

Junior Khumalo. Foto: Elzeri Wright.

Riebeeckrand is ontsettend trots op hierdie leerders en wens hulle sterkte toe met hul deelname aan die finaal.

Exit mobile version