NewsSchools

Laerskool Rapportryer spog met hul Graad-1 inhuldigingseremonie

Tydens die spogseremonie word die Graad 1-leerders as ware Rappie-leerders ingehuldig.

Laerskool Rapportryer het op Donderdag, 30 en Woensdag, 31 Maart spogaande vir hulle Graad 1-leerders aangebied waartydens hulle ingehuldig is.

Esmè Botha, skoolwoordvoerder het vertel dat die Graad 1-leerders tydens hierdie seremonie as ware Rappie-leerders ingehuldig is en die kans gegee is om die skool se eerste klok, wat 105 jaar oud is, te lui.

Volgens Esmè simboliseer die lui van die klok elke leerder se ‘nuwe begin’ in hulle laerskoolfase, en aan die einde van hul Graad 7-jaar word die seremonie herhaal, wat die einde van hul laerskoolfase simboliseer.

Taylen Viljoen lui die klok. Foto: Michelle Roodt.

“Ons is baie trots op elke Graad 1-leerder van ons skool en ons kan nie wag om te sien watter hoogtes hulle nog in die toekoms gaan bereik nie,” het Andrè Kruger, hoof van Laerskool Rapportryer tydens die spesiale geleentheid gesê.

Rappies bedank graag al hul Graad 1-ouers vir hul ondersteuning en teenwoordigheid.

Related Articles

Back to top button