Kleurvolle kouse vir kinders met outisme

Sharica Bondesio dra die hele Aprilmaand kleurvolle kouse ter ondersteuning van kinders met outisme.

Kinders met outisme lê die 12-jarige Sharica Bondesio van Laerskool Randfontein na aan die hart.

Dié jong meisie wat boonop onder andere ‘n talentvolle danser en model is, het besluit om die hele Aprilmaand kleurvolle kouse te dra.

DIt vorm alles deel van haar Put on Socks for Autism-projek.

Volgens Erica Bondesio, Sharica se ma word daar aanvaar dat een uit elke 100 kinders binne die outismespektrum val, wat beteken dat daar elke uur ‘n kind met outisme in Suid-Afrika gebore word.

Sharica is ook ‘n finalis in die Toddler and Tween of the World 2021-kompetisie en sy het reeds in 2019 die titel van Autism Ambassador verower.

“Kinders met outisme is dalk anders, maar nie minder belangrik nie. Die doel wat Sharica met haar projekte wil bereik, is dat almal sal besef hoe baie mense elke dag met outisme leef, asook hoe min geleenthede daar vir hulle is. Hulle sien die wêreld net anders as ek en jy, maar hulle is net so spesiaal,” het Erica gesê.

Sharica is ook besig om geld in te samel vir outisme-organisasies wat sy ondersteun deur kouse te verkoop waarop daar oulike aanhalings is.

Exit mobile version