VLU Ridderspore-aandtak leer ‘n nuwe kunsvorm

Die VLU Ridderspore-aandtak het onlangs geleer hoe om kolletjiekuns te doen.

Die Vrouelandbou-unie (VLU) se Ridderspore-aandtak het op Donderdag, 8 April uiting aan hul kreatiwiteit gegee.

Adri van Niekerk, streeksvoorsitter was die gas vir die aand en het vir die vroue ‘n demonstrasie van kolletjiekuns (dot art) gegee.

Gerda Benadie, voorsitter van die Ridderspore-aandtak het vertel dat dit baie interessant was om van hierdie tipe kuns te leer.

Gerdie Myburgh en Adri van Niekerk. Foto ingestuur.

“Dit was vir almal baie lekker om vir Adri hier te hê,” het Gerda gesê. “Ons vergader elke eerste Donderdag van die maand, en nooi almal uit om hul kennis te verbreed en die aand saam met ons te kom geniet.”

Die VLU Ridderspore-aandtak se volgende vergardering is op 6 Mei om 6nm waartydens hulle beplan op ‘n lapverfklas aan te bied.

Enigiemand wat belangstel om by die VLU Ridderspore-aandtak aan te sluit is meer as welkom om vir Gerda by 011 693 6446 te kontak.

Nanna Alberts met haar kolletjiekuns. Foto ingestuur.
Exit mobile version