KYK: Die paashaas besoek Ramkriekies

Die leerders van Ramkriekies was hasies op hul eie Paasdag kort voor die Paas-langnaweek – selfs die regte paashaas het kom kuier ...

Dit is weer tyd vir paaseiers, Paasfees en die paashaas, en die leerders van Ramkriekies het op Dinsdag, 30 Maart hul eie Paasdag gehou.

Amerie Herbst. Foto: Michelle Roodt.

Almal het te spoggerig gelyk met hulle haasore, stertjies en mandjies vol paaseiers.

Kyk hier: 

Die leerders was behoorlik verras toe die paashaas daarheen aangehop gekom het om vir hulle te kom hallo sê en paaseiers uit te deel vir elke soet leerder wat in spanning op die stoep gewag het.

Hulle was ook baie opgewonde toe die paashaas vir hulle gedans het – selfs die onderwysers het dit geniet.

Pieter Kachelhoffer. Foto: Michelle Roodt.

Annalie Grobbelaar, een van die Ramkriekie-onderwysers, het vertel dat die leerders baie bly was om die paashaas te sien.

“Ons wil vir al ons Ramkriekie-maats dankie sê. Hulle het pragtig gelyk,” het sy verte

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version