NewsSchools

Rappies se nuwe hoof is slaggereed

Laerskool Rapportryer se nuwe hoof, André Kruger deel graag sy visie met die Randfontein-gemeenskap.

Laerskool Rapportryer verwelkom graag vir André Kruger, hul nuwe hoof, by die Rappies-familie.

André se onderwysloopbaan het op 1 Januarie 1991 by Laerskool Gerrit Maritz begin. Hy is toe bevorder tot departementshoof en later adjunkhoof. Op 1 Junie 2003 word hy Laerskool Rapportryer se adjunkhoof waar hy vir 19 jaar lank al sy pligte uitvoer.

In daardie tyd bied hy vakke soos Wiskunde, Wetenskap, Afrikaans, Tegnologie en Lewensoriëntering aan.

Hy het vertel dat hy met dankbaarheid en opgewondenheid sy aanstelling as hoof van Laerskool Rapportryer op 19 Maart 2021 aanvaar het. Hy is Laerskool Rapportryer se 11e hoof.

“My wens is om met ‘n toegewyde span die skool na sukses te lei want ons streef daarna om kinders in totaliteit met kennis en vaardighede te ontwikkel,” het hy vertel.

Volgens André kan hulle die sukses van Laerskool Rapportryer toeskryf aan die genade van God.

“In samewerking met uitmuntende personeel, positiewe ouers en leerders streef ek om Rappies na hoër hoogtes te lei. My wense is om leerders as gebalanseerde individue in ons breë gemeenskap in te stuur.”

Hy bedank graag elke ouer, kind, kollega en sy familie wat hom tot dusver ondersteun het.

“Met vier en vasberadenheid sal ons die skool na sukses lei,” het hy gesê.

Related Articles

Back to top button