CrimeNews

Vyftien insidente in Randwes – EPR rig ook waarskuwing voor Paas-langnaweek

'Met die aanloop tot die komende Paas-langnaweek is dit belangrik dat huiseienaars en besighede hul alarmstelsels gebruik, en seker maak dat dit in ‘n werkende toestand is.'

Nadat hul jongste misdaadverslag bekendgestel is, het Johan Krogh, algemene bestuurder van EPR aan die Wes-Rand ‘n ernstige beroep op inwoners gedoen om hul alarmstelsels te gebruik, en seker te maak dat dit in ‘n werkende toestand is.

Die sekuriteitsmaatskappy het van 26 tot 28 Maart op 15 insidente gereageer wat gewissel het van huisinbrake en diefstal, tot intimidasie.

Dit is duidelik uit die insidente dat daar weer ‘n toename in misdaad is wat kenmerkend is voor die aanvang van langnaweke en vakansietye. Skole word aangeraai om te verseker dat rekenaars in kluise toegesluit word en dat alle deure behoorlik gesluit word. Moontlike inperkings weens Covid-19 oor dié tydperk gaan ook sekerlik ‘n groot inpak hê op misdaad in die area.”

EPR SEKURITEIT SE VOLLEDIGE VERSLAG:

EPR se jongste volledige misdaadverslag. Foto ingestuur.

Related Articles

Back to top button