Local newsNews

Mapogo pak Teine se ‘Burger Challenge’ aan

Randfontein Rugbyklub se 'Burger Challenge' – Johan van Zyl stof sy kollegas uit.

Die manne van Mapogo het op Woensdag, 17 Maart Randfontein Rugbyklub se ‘Burger Challenge’ aangepak.

Terwyl meeste besluit het om rustig te wees en selfs met ‘n mes en vurk te eet, het ander dit ernstig opgeneem.

James Krause. Foto: Michelle Roodt.

Johan van Zyl het in ‘n tyd van 5 minute en 47 sekondes sy burgermaaltyd die vinnigste van al die Mapogo-manne opgeëet, maar dit was nie genoeg om Barries Meintjes se bestaande rekord van 3 minute en 50 sekondes te verbeter nie.

Die persoon wat teen die einde van die maand die rekord hou in Randfontein Rugbyklub se ‘Burger Challenge’ sal met ‘n R1 000-kroeggeskenkbewys wegstap.

Marnus van der Merwe het vertel hy wou ordentlik wees. Foto: Michelle Roodt.

Die laaste dag van die uitdaging is 31 Maart, wanneer die wenner aangekondig sal word.

Lulu Kleyn, klubbestuurder het verduidelik dat hulle besluit het om die uitdaging te hou om die klub en die kroeg te bemark. Hulle beoog om elke maand ‘n ander uitdaging te stel.

Riaan van Jaarsveld het die uitdaging aanvaar. Foto: Michelle Roodt.

Related Articles

Back to top button