NewsSchools

Ondanks koronavirus word Poortloop-tradisie voortgesit

Op Dinsdag, 9 Maart het Hoƫrskool Riebeeckrand hul jaarlike inburgersingseremonie en Poortloop gehou om al die nuwe gesigte by die skool behoorlik te verwelkom.

Honderde vars gesigte het daarna uitgesien om uiteindelik deel te word van die Riebeeckrand-familie toe hulle onlangs deur die skool se Poort gestap het.

HoĆ«rskool Riebeeckrand se Poortloop is elke jaar ‘n spoggerige seremonie vol tradisie waar die Graad 8’s, nuwe leerders en personeellede deur die Poort stap na afloop van die inburgeringsprogram en hulle die skool se kode gelees het.

Elzeri Wright, skoolwoordvoerder het vertel dat die Poort se hekke daardie oggend oopgesluit is, en elke Graad 8-leerder wat deur die Poort geloop het se skoolbaadjie is vir hulle deur die hoofseun of -dogter aangetrek.

Die leerders het ‘n sertifikaat van die hoof en beheerliggaam, asook ‘n Gideon Bybel ontvang,” het Elzeri vertel.

As gevolg van die pandemie is die tradisie vanjaar ‘n bietjie anders as ander jare voortgesit.

Graad 8-leerder Mieke Oosthuizen, hoof Annelize van den Berg en Collin da Corte, onderhoofseun. Foto: Elzeri Wright.

“Sosiale afstand is toegepas en geen handdrukke is toegelaat nie, net elmboog-gelukwense. Dit is iets wat die Graad 8-leerders en hul ouers nie sommer sal vergeet van hierdie besondere gebeurtenis nie.”

Volgens Elzeri is daar oral breed geglimlag en die trane het soms ook behoorlik gevloei.

Ons is dankbaar dat die tradisie kon voortleef ten spyte van die buitengewone omstandighede waarin ons onsself tans bevind. HoĆ«rskool Riebeeckrand glo dat hierdie tradisie vir baie leerders wonderlike herinneringe sal inhou.”

Related Articles

Back to top button