Riebeeckrand spog met hul interneredenaar-sterre

Hoërskool Riebeeckrand het onlangs hul interne redenaarskompetisie gehou.

Leerders van Hoërskool Riebeeckrand het onlangs aan die skool se interne redenaarskompetisie deelgeneem.

Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoerder, het die leerders tydens die geleentheid op 22 en 23 Februarie insiggewende en interessante toesprake gelewer.

“Van die deelnemers gaan later die jaar by die Radikale Redenaarkompetisie, Nasionale Eisteddfod, ATKV en RACA aan spanredenaars en individuele redenaars deelneem,” het Elzeri vertel.

Die juniors en seniors se Top 3-wenners:

Juniors:

• Eerste – Mongenique Viljoen (Graad 9)
• Tweede – Drytton Barnard in (Graad 9)
• Derde – Johan Collins (Graad 9) en Deoné Scheepers (Graad 8)

Seniors:

• Eerste – Devonique Breedt (Graad 12)
• Tweede – Rick van den Berg (Graad 10)
• Derde – Carli Rall (Graad 11)

“Ons wens al ons redenaarleerders sterkte toe met hul deelname aan die kompetisies wat voorlê.”

Johan Collins was derde saam met Deoné Scheepers onder die juniors
Deoné Scheepers was derde saam met Johan Collins onder die juniors.
Drytton Barnard was tweede onder die juniors.
Rick van den Berg was tweede onder die seniors.
Mongenique Viljoen was eerste onder die juniors.
Carli Rall was derde onder die seniors.
Exit mobile version