Die Vrouelandbou-unie het besluit om hul konferensie vanjaar op ‘n meer moderne wyse aan te bied.
Die VLU se streeksbestuur het op Maandag, 1 Maart vergader om hul konferensie te beplan wat dié jaar aanlyn sal plaasvind as gevolg van die Covid-19 pandemie.
Streekskakelbeampte Debbie Coetzee het vertel dat dit hulle eerste vergardering in twee jaar was omdat hulle nie in 2020 ‘n konferensie kon hou nie.
Hulle gaan hul konferensie uitsaai op YouTube, en het vir dominee Carel Pienaar van die NG Kerk Randfontein-Wes gevra om hulle te mentor om die konferensie aanlyn aan te bied omdat hy sy preke aanlyn doen.
Debbie het vertel dat die konferensie op 13 Maart sal plaasvind en direk uitgesaai gaan word, en dat hulle baie daarna uitsien.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.