Slaggate by Ram iets van die verlede

Laerskool Randfontein het sake in hul eie hande geneem toe hulle werkers die slaggate rondom hul skool onlangs gevul het.

Die skole het onlangs weer geopen en by Laerskool Randfontein het alles glad verloop, behalwe vir die pad wat na die skool toe lei.

Annie Nolan, skoolwoordvoerder het vertel dat die goeie reën wat onlangs geval het, die slaggate weer oopgespoel en groter gemaak het. Dit lyk of ‘n bom in die slaggate ontplof het.

Leon Haupt, die skoolhoof, het besluit dat die skool weer die slaggate rondom die skool sal herstel.

Johannes Matsiong en George Maruapheko besig om die slaggate reg te maak. Foto: Annie Nolan.

“Die skool het in 2019 die slaggate reggemaak, maar ongelukkig is daar jare laas aandag gegee aan die paaie in Homelake en rondom die skool,” het Annie vertel.

Johannes Matsiong en George Maruapheko, twee werkers by die skool het nog voor die skool heropen het aan die werk gespring. Dit het hulle ongeveer twee weke geneem om al die slaggate rondom die skool te vul.

Annie het vertel dat hulle as, sement en teer gemeng het en dit gebruik het om die gate te vul. Toe daar vir Johannes en George gevra is hoeveel gate daar was, het hulle geantwoord dat daar net te veel was om te tel.

Johannes Matsiong en George Maruapheko besig om die slaggate reg te maak. Foto: Annie Nolan.

“Baie dankie aan Johannes en George vir hul harde werk om die slaggate te vul. Die personeel en ouers van Laerskool Randfontein is baie dankbaar dat die paaie om die skool weer in ‘n beter toestand is,” het Annie vertel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version