Local newsNews

Kolwyntjies ten bate van Cupcakes 4 kids with Cancer

Met Nasionale Kinderkankerdag op Maandag, 15 Februarie het Esmè Lombard en haar ma Angela, 212 kolwyntjies verkoop waarvan 200 geborg is deur Bakery Delights.

‘n Jong meisie wat self met kanker gediagnoseer is, het onlangs teruggegee aan Cupcakes 4 Kids with Cancer.

Met Nasionale Kinderkankerdag op Maandag, 15 Februarie het Esmè Lombard en haar ma Angela, 212 kolwyntjies verkoop waarvan 200 geborg is deur Bakery Delights. Hulle doen dit al vir die afgelope twee jaar.

Die kolwyntjies wat hulle verkoop het. Foto ingestuur.

Esmè is gediagnoseer met embrionale rhabdomiosarkoom, ‘n uiters skaars vorm van kanker, en sy was in remissie tot 12 Oktober 2020. Sy het onlangs uitgevind sy het voorloper kankerselle en is geskeduleer om op 9 Maart ‘n groot operasie te ondergaan waartydens haar blaas, baarmoeder en vaginale wand verwyder sal word.

Twaalf van die kolwyntjies het Angela self gebak toe sy meer bestellings as voorraad gehad het.

“Ons het in 2020 by die organisasie aangesluit toe Esmè met kanker gediagnoseer is,” het Angela vertel.

Sy het bygevoeg dat hul mediese fonds van haar medisyne en doeke glad nie betaal nie maar Cupcakes 4 Kids het dit vir hulle betaal.

“Hulle ondersteun so baie gesinne gedurende die kankerproses met ‘n verskeidenheid goedere soos mediese rekeninge, finansies en enige ander hulp wat benodig word,” het sy gesê.

Die kolwyntjies wat hulle verkoop het. Foto ingestuur.

Angela het vertel dat hulle trots is om deel te wees van die kolwyntjiefamilie.

“In ons donkerste uur was hulle ons grootste ondersteuners,” het Angela gesê.

Related Articles

Back to top button