Riebeeck verwelkom hul nuwe Skiffies

Hoërskool Riebeeckrand het onlangs hul leerders terugverwelkom, en sien daarna uit dat hul Graad 8's goed ingeburger word.

Hoërskool Riebeeckrand sien baie uit na die nuwe skooljaar en was opgewonde om leerders, veral hul nuwe Graad 8-groep, wat as Skiffies gedoop is, te verwelkom.

Elzeri Wright, skoolwoordvoerder, het vertel dat Skiffie ‘n tradisionele naam is wat gebruik word vir die Graad 8-leerders van Hoërskool Riebeeckrand tot en met die tyd wanneer hulle die Poortloop doen. Dan eers word hulle as volwaardige Riebeeckranders ingehuldig.

Celizia Annandale, Collin da Corte en Ryan Ackerman. Foto: Michelle Roodt.

Die tema van die Graad 8’s se inburgeringstydperk is Smurfies en hulle moet ‘n Smurf-mus dra wat uit ‘n wit plastieksak gemaak word, asook hulle skippieklere agterstevoor en onderstebo aantrek. Daarby moet hulle ‘n papierbord om hul nekke dra met ‘n babafoto van hulself asook hulle volle naam en van.

Volgens Elzeri kan daar vanjaar ongelukkig nie ‘n groentjiekonsert wees nie weens Covid-regulasies maar hulle het besluit om ‘n groentjiefliek te maak.

Agter: Zenè van der Merwe, Devonique Breedt en Christelle Vosloo,
Voor: Danrich Barnard, Ryan Ackerman en Aidan Botes. Foto: Michelle Roodt.

“Dit is sodat hierdie opwindende tyd in hul Graad 8-lewens nog steeds met mooi herinneringe vasgevang kan word. Ons wil steeds die ‘lekker’ behou en die Graad 8’s laat welkom voel, al is ons steeds in die pandemie vasgekeer,” het Elzeri gesê.

Sy het gespog dat Riebeeckrand een groot familie is waar daar baie gees, pret en plesier heers, saam met topgehalte akademiese onderrig.

Agter: Nicola van der Merwe,
Voor: Ruman Münz, Jamie-Leigh Battis, Carien Barkhuizen en Collin da Corte. Foto: Michelle Roodt.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version