NewsSchools

KYK: Covid-19 kon nie Riebeeckrand-matrieks van 2020 keer nie

Dit is wat sommige van Riebeeckrand se 2020-matrieks te sê gehad het.

Na 12 jaar se harde werk kan die 2020-matrikulante van Hoërskool Riebeeckrand sê hulle is finaal klaar met skool en kan nou die grootmenswêreld betree.

Hulle het op Dinsdag, 23 Februarie met angs en spanning vir die laaste keer in die skoolsaal ingestap om hul uitslae te kry.

Baie was angstig om te sien hoe hulle gevorder het, en of hulle finale uitslae hul toekoms gaan beïnvloed, maar baie was opgewonde oor wat hulle gesien het.

Jacquiline van Niekerk.

Dit is ‘n wonderlike prestasie om te weet dat jy in jou matriekjaar alles gegee het, veral vir die matrieks wat hul laaste skooljaar tydens ‘n wêreldwye pandemie moes voltooi.

Kyk hier: 

 

Al was dit ongewoon en selfs vir sommiges baie moeilik, het dit hierdie matrieks glad nie ondergekry nie en hulle het steeds hul beste gegee. Hulle het rede om baie opgewonde en trots op hulself te wees.

Teodoir van Staden.

Dit is wat sommige van Riebeeckrand se 2020-matrieks te sê gehad het:

• Divan Oosthuizen het gesê dat hy baie verbaas is oor sy uitslae.

• “Om deur ‘n pandemie te swot was baie nuut en baie vreemd, maar ons het dit gemaak,” het Teodoir van Staden vertel.

• Sunica van Wyk se uitslae was baie beter was as wat sy verwag het, en sy is baie trots op haarself.

Sunica van Wyk.

• “Ek voel baie goed oor my punte en ek is baie opgewonde oor my toekoms,” het Jessica Zietsman gesê.

• Jacquiline van Niekerk het vertel dat sy nie kan wag vir die lewe wat voorlê nie.

• “Ek is eerlik verbaas dat ek matriek deurgekom het, en boonop met sulke goeie punte, veral gedurende Covid,” was Claudine Cronjè se reaksie.

• Vir Lee-Ona Pretorius was dit baie stresvol om ‘n matrikulant in 2020 te wees, maar sy is trots op haar punte en gaan nou onderwys swot.

Keagen Graham.

• “Daar was baie struikelblokke op ons pad, maar ons het dit gemaak,” het Keagen Graham gesê.

• Dean Badenhorst het vertel dat dit baie moeilik was om tydens die pandemie te leer, maar hy is trots op sy punte.

Izaan Rolfe.

• “Dit was glad nie maklik om deur die pandemie te leer nie, maar ek is trots op my punte en gaan joernalistiek swot,” het Izaan Rolfe vertel.

Dean Bardenhorst.

Related Articles

Back to top button