Local newsNews

Talle oliebolle, lekkergoedhoringkies verkoop vir ‘n goeie doel

Danksy hul projek het die I Dare You Foundation ongeveer R5 000 ingesamel vir kinders en mense wat dit die meeste nodig het.

Die I Dare You Foundation het op Vrydag, 12 Februarie hul Valentynsprojek gehad ten bate van vier siek kinders en 50 minderbevoorregte gesinne.

Juanita Venter, ‘n stigterslid van die organisasie het vertel dat omdat Februarie oor omgee en liefde gaan, wou die I Dare You Foundation dit aan die mense om hulle bewys.

Ons het heerlike versierde oliebolle verkoop om fondse in te samel vir babas Juvandrè, Reece, Esmè en Rene-Lily, en 50 minderbevoorregte gesinne wat ons maandeliks van kos voorsien,” het Juanita gesê.

Die I Dare You Foundation het ook lekkergoedhorinkies (candy cones) gemaak wat gekoop kon word vir ‘n spesiale persoon in jou lewe.

Sy het vertel dat die ongeveer 400 oliebolle en 110 lekkergoedhorinkies wat hulle op Vrydag verkoop het, met baie liefde en sorg gemaak is.

Hulle het nagenoeg R5 000 ingesamel deur die verkope.

Die I Dare You Foundation het oliebolle en lekkergoedhorinkies verkoop vir hulle Valentynsprojek. Foto: Michelle Roodt.

Volgens Juanita gaan die geld verdeel word tussen die projekte en met die res gaan kos gekoop word vir die behoeftiges.

Ons is so opreg dankbaar vir al die ondersteuning, en almal se oop hande en harte,” het Juanita vertel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button