Local newsNews

‘n Onderhoud met ons Mev Randfontein

Charlotte het baie planne vir 2021 en wil 'n hele paar projekte aanpak om die gemeenskap te help.

Charlotte van Wyk, 38, het nie veel kennis gehad van modelwerk nie en nou spog sy met die dorp se grootste titel.

Volgens Charlotte het sy eers gedink dat sy dit nie sou kon doen nie, daarom was dit vir haar aanvanklik baie onwerklik toe sy as Mev Randfontein 2020 aangewys is.

“Noudat dit uiteindelik ingesink het, is dit ‘n baie lekker gevoel en ook ‘n groot eer.”

Sy het vertel dat sy as opvolger van Mev Randfontein 2019, Leonie Pretorius, groot skoene het om te vul.

Charlotte het vertel dat sy verlede jaar vir die eerste keer in haar lewe saam met haar dogter begin modelwerk doen het, en dat dit vir haar ‘n lekker ervaring is.

My dogter het my aangemoedig om in te skryf vir Mev Randfontein, want sy glo dat ek ‘n pragtige vrou van binne en buite is. Ons het toe saam ingeskryf.”

Sy moes ‘n foto van haarself instuur en motiveer hoekom sy wou inskryf. Hulle moes ook liefdadigheidswerk doen.

Charlotte van Wyk, Mev Randfontein 2020. Foto: Jaco Bothma van Empire Photography.

“Ek het nie vir die kompetisie ingeskryf vir die roem nie. Ek het voorheen mense gehelp waar ek kon, en dit gaan beslis nie ophou omdat ek Mev Randfontein is nie.”

Volgens Charlotte is haar doelwitte om ‘n verskil te maak in die dorp en is sy klaar betrokke by twee sentrums, naamlik Wings of Inspiration Elderly Care Centre, asook Huis Eldad.

Die beste deel van die kompetisie was vir my om die reis saam met my dogter te onderneem, en om te weet dat ek alles kon doen wat van my verwag is.” Sy het bygevoeg dat die moeilikste deel was om alles gedoen te kry in die moeilike tyd waarin ons land tans is.

Charlotte het baie planne vir 2021 en wil ‘n hele paar projekte aanpak om die gemeenskap te help.

Volgens Charlotte sien sy baie uit na haar jaar as Mev Randfontein.

Vir dié wat in haar voetspore wil volg, het sy gesê dat ‘n mens nooit moet twyfel in jouself nie, in jouself moet glo en vertrou.

“Man is capable of everything by believing and trusting in God,” is haar leuse.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button