Jongste statistieke: 34 plaasaanvalle, 11 boere vermoor in Desember

ToekomsVonk se jongste statistieke oor plaasaanvalle en -moorde bekendgemaak.

Die burgerregte-organisasie ToekomsVonk hou sedert 2017 noukeurig rekord van aanvalle en moorde op plase.

In ‘n verklaring wat die organisasie vandag, 8 Januarie 2021 uitgereik het, het Amor Gerber, Direkteur: VonkVeiligheid, bekend gemaak dat daar verlede jaar 446 plaasaanvalle was en 77 boere vermoor is. Die oudste slagoffer van ‘n plaasaanval gedurende 2020 was 92 en die jongste was een jaar oud. Die gemiddelde ouderdom van slagoffers van plaasaanvalle en -moorde gedurende die jaar was 58.

Lees ook: Vanjaar reeds 287 plaasaanvalle en 43 plaasmoorde

Alhoewel daar ‘n geringe afname (3 persent) in die totale aantal plaasaanvalle tussen 2018 en 2020 was, het die aantal plaasmoorde in dieselfde tydperk met 20 persent toegeneem.

In Desember 2020 was daar 34 plaasaanvalle en 11 boere is vermoor. In dié tyd het die meeste aanvalle op ‘n Maandag plaasgevind. Verder dui die statistieke aan dat die meeste aanvalle (39 persent) tussen 6nm en middernag uitgevoer is.

Dit is duidelik dat plaasaanvalle nie deur individue uitgevoer word nie, maar deur bendes,” het Gerber gesê.

Die gemiddelde aantal aanvallers vir die jaar was vier per aanval. Die grootste getal aanvallers wat by een voorval betrokke was, was 20.

Exit mobile version