Jannas se nuwe leiers vir 2021 is …

Hoërskool Jan Viljoen spog met hul groep leiers wat die skool gedurende 2021 sal lei.

Hoërskool Jan Viljoen het onlangs hul Verteenwoordigende Raad vir Leerders (VRL) vir die nuwe termyn van 2020/ 2021 aangewys.

Sarel Steyn, hoof van Hoërskool Jan Viljoen het gesê dit was lekker om uiteindelik ‘n bietjie saam met die nuwe groep leiers en hul ouers te kuier ten spyte van ‘n baie deurmekaar jaar.

Die hoofseun en -dogter vir 2021 is Louis Smit en Zurica van Heerden, en die onderhoofseun en -dogter is Austin Nel en Nicole Roodt. Anje Grové is verkies as sekretaresse.

Ons is ongelooflik trots op elke leerder wat tot die VRL verkies is en ons is opgewonde om te sien wat julle volgende jaar met al die opwindende projekte gaan vermag.

“Douglas McArthur, een van die VSA se grootste militêre leiers het gesê, ‘A true leader has the confidence to stand alone, the courage to make tough decisions, and the compassion to listen to the needs of others’,” het Sarel bygevoeg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version