Local newsNews

Kids 4 Farmers reik uit na die DBV

Hierdie kinders het vir die Rand-West DBV vroeë Kersgeskenke gebring.

Kids 4 Farmers het op Vrydag, 4 Desember na die Rand-Wes Dierebeskermingsvereniging (DBV) uitgereik.

Hulle is ‘n groep jong seuns wat omgee vir boere en diere, en is betrokke by ‘n projek wat begin is deur Bl4de Daniels en sy twee vriende, Heinrich Steyn en Kyle Clarke.

Kyle Clarke en Bl4de Daniels het sakke honde- en katkos aan die DBV geskenk sodat die diere iets het om te eet oor die feestyd.

Kyle Clarke en Bl4de Daniels saam met die kos wat hulle geskenk het. Foto: Michelle Roodt.

Hulle het die kos vroeg in November begin bymekaar kry om vir die Rand-Wes DBV te skenk.

Renè van Straten, inspekteur by die Rand-Wes DBV het vertel dat hulle baie dankbaar is.

Ek is bly om te sien dat mense nie van ons vergeet nie, veral omdat ons die hulp nou die meeste nodig het,” het Renè vertel.

Related Articles

Back to top button