Agt insidente by besighede in eerste naweek van Desember

Jongste volledige misdaadverslag van EPR wys minstens nege insidente waarvan agt by besighede was.

Die meerderheid van die misdaadinsidente wat oor die naweek gerapporteer is, was by besighede.

Dit is volgens EPR Sekuriteit se jongste misdaadverslag vir hul kliëntebasis in die Rand-West-area vir die tydperk van 4 tot 6 Desember. Nege misdaadinsidente is gerapporteer, waarvan agt by besighede was.

Die plekke wat geteiken is, is Cook 1, Aureus, Culemborgpark, Wilbotsdal en Greenhills. Op Sondag, 6 Desember was daar een insident van gesinsgeweld op ‘n plot in Brandvlei.

In vergelyking met vorige weke was daar hierdie afgelope naweek geen gewapende rowe nie. Huisbraak, diefstal en saakbeskadiging bly nog hoog op die lys van misdrywe. Kabeldiefstal is weer aan die toeneem in die area,” het Johan Krogh, hoofbestuurder van EPR Sekuriteit aan die Wes-Rand gesê.

EPR SEKURITEIT SE VOLLEDIGE VERSLAG:

EPR se jongste volledige misdaadverslag. Foto ingestuur.
Exit mobile version