Sewe gewapende rowe in ‘n week, waarsku EPR

Jongste volledige misdaadverslag van EPR wys ten minste nege insidente – meeste by besighede.

“Dit is baie duidelik dat misdaad – veral kontakmisdaad – besig is om toe te neem in die Rand West-area.”

So het Johan Krogh, hoofbestuurder van EPR Sekuriteit aan die Wes-Rand gewaarsku nadat hul jongste misdaadverslag vir die tydperk van Vrydag, 27 November tot Sondag, 29 November bekendgemaak is.

“Net oor die naweek is twee gevalle van gewapende roof asook een van poging tot roof aangemeld. Oor die afgelope week is nie minder nie as sewe gevalle van gewapende roof aangemeld.

Dié naweek is daar ook ‘n inwoner van Simunye noodlottig in sy bed gewond. Ons simpatie aan die familie.

“Inwoners word aangeraai om seker te maak dat hul alarmsisteme in werkende toestand is voor die aanvang van die Desember 2020-vakansie,” het Krogh gesê.

EPR SEKURITEIT SE VOLLEDIGE VERSLAG:

Meeste insidente het in Randfontein plaasgevind. Foto ingestuur.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version