Motorfietsryers bederf Rappies se minderbevoorregtes

'Die leerders kon nie hul oë glo toe hulle die motorfietse sien nie'.

Laerskool Rapportryer se minderbevoorregte leerders is verras met ‘n vroeë Kersfees toe lede van verskeie motorfietsklubs hulle op Vrydag, 27 November met geskenke bederf het.

Die leerders was baie opgewonde om die motorfietse te sien. Foto: Michelle Roodt.

Volgens Ilonka Lourens van Naughty by Nature was die leerders verskriklik opgewonde toe hulle die motorfietse by die hek sien inry het. Hulle het selfs ‘n geleentheid gekry om na die motorfietse te kyk nadat bedankings gedoen is.

Die tafel vol geskenke vir die leerders. Foto: Michelle Roodt.

Die geskenke, wat tydens die Santa Run op 22 November ingesamel is, is te danke aan klubs soos Naugthy by Nature, Wicked Wheels, Scream en Rudor Rebels.

Pieter van der Merwe van Scream, Gert Krog van Naughty by Nature, Neels Jonker van Wicked Wheels, Johan Venter van Rappies en Sonja van Tonder van Rappies. Foto: Michelle Roodt.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version