In boetie en sussie se voetspore

Dié boeties en sussies het gelyktydig onderskeidelik hul eerste dag in Graad 8 en hul laaste dag van matriek in die hoërskool aangepak.

Hoërskool Riebeeckrand het vier families wie se oudste vanjaar matriek gaan voltooi. Die jongste beoog om oor vier jaar in daardie boetie of sussie se voetspore te volg.

Elzeri Wright het vertel dat nie elke gesin met dié prestasie kan spog nie.

“Dié boeties en sussies het gelyktydig onderskeidelik hul eerste dag in Graad 8 en hul laaste dag van matriek in die hoërskool aangepak. Dit is ‘n spesiale oomblik wat net een keer gebeur.”

Vir Tyllin Barnard was dit baie lekker om saam met haar boetie, Drytton Barnard, sy eerste dag van hoërskool aan te pak en die inburgeringstydperk saam met hom te geniet, wat ook groot pret verskaf het.

Timoné Voster en Luecinda Voster, asook Leigh-Ann Zietsman en Jessica Zietsman se sustersband het versterk, en Tyla Pedro en Ivan Pedro is nou beste vriende.

“Die oorvleuelde hoërskoolloopbane sal vir altyd onthou word en saam is dié boeties en sussies trotse Riebeeckranders,” het Elzeri gesê.

Exit mobile version