Local newsNews

Pastoor se Gedagte van die Dag 2021-boek bekendgestel

Al die boeke wat by die bekendstelling van pastoor Desmond Wessels se boek, Gedagte van die Dag 2021, beskikbaar was, is uitverkoop.

Pastoor Desmond Wessels van Gemeentes van Christus Randfontein het op Saterdag, 7 November sy boekbekendstelling in Princess, Roodepoort gehad.

Desmond se boek, Gedagte van die dag 2021, bestaan uit verskeie verse, kort gedagtes en ‘n gebed vir elke dag vir 365 dae. Dit het hom ‘n maand geneem om die boek te skryf.

Hy het vertel dat die doel van die boek is om mense se lewens te verander, dat ‘n persoon op ‘n sekere dag ‘n antwoord van die Here sal kry, en om die Koninkryk van God uit te brei.

Desmond stuur tans elke oggend geestelike boodskappe oor WhatsApp aan mense in lande soos Nieu-Seeland, Australië, die VSA, Nederland, Engeland, Mosambiek, Mongolië, Swaziland en nog vele meer.

Ek is ook ‘n omroeper by Rainbow Gospel Radio en een van die luisteraars. ‘n Uitgewer het daagliks die Gedagte van die Dag ontvang en my gekontak. Hy het vertel dat die Here dit op sy hart gelê het dat ek ‘n boek moes skryf.”

Desmond het vertel dat hulle reeds besig is met beplanning vir die 2022-dagboek. Hy beskou dit as ‘n voorreg en is dankbaar vir die geleentheid.

“Ons was baie bevoorreg dat al die boeke wat by die bekendstelling beskikbaar was, uitverkoop is. Ek kan weereens net sê dat as God werk, wie kan dit keer?”

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button