NewsSchools

Laerskool Rapportryer gee weer om!

Rappies het die bejaardes van die dorp gehelp deur kosbokse by Vriendskaptuiste af te laai.

Laerskool Rapportryer se hoofleiers van 2020 het by 22 huise in Vriendskaptuiste kosbokse afgelaai op Vrydag, 6 November.

Volgens Julanda Olivier, organiseerder van die uitreikprojek, het hulle besluit om die kos te skenk om die bejaardes wat in hierdie tyd swaar gekry het, te help.

Die daar was verskeie soorte kruideniersware in die bokse, en die leiers het koekies vir die soettande saamgestuur.

Julanda het vertel dat Rappies in die derde kwartaal ‘n Omgeekompetisie en -projek gehad het om kos in te samel vir hul minderbevoorregte gesinne.

Die Rappies se harte was weereens oop en daar is voluit gegaan. Die projek was ‘n reuse sukses,” het sy gesĂȘ.

Volgens Julanda is daar soveel kos ingesamel tydens die omgeeprojek dat Rappies ook die bejaardes in die dorp kon help.

Related Articles

Back to top button